Monday, March 29, 2010

Gebed vir Seksuele sondes

Gebed vir die verbreking van seksuele bande:

Hemelse Vader, in die naam van Jesus onderwerp ek my siel, my begeertes en my emosies aan U Gees.

Ek bely Vader, al my promiskue, voorhuwelikse seksuele verhoudinge en alle seksuele verhoudinge buite die huwelik as sonde. Ek bely ook al my ongoddelike geestelike, sielkundige en liggaamlike bindinge as sonde.

Ek dank U dat U my nou vergewe en reinig deur die bloed van Jesus. Ek dank U dat U aan my die sleutels van U koninkryk gee, die sleutels tot geestelike outoriteit. Wat ek bind is gebonde en wat ek ontbind is ontbonde,

In die Naam van Jesus vra ek U om my vry te maak van alle sielsbindinge met vorige seksuele metgeselle, en ongoddelike verhoudinge. Heilige Gees, ontwortel asb. al hierdie tentakels van seksuele bindinge, kap die wortel van die boom, emosionele begeertes, afhanklikhede en verslawende gedagtes af.

Ek bind, verwerp en weerstaan enige bose geeste wat hierdie sielsbindinge versterk of wat aan my oorgedra is deur vorige metgeselle.

Ek kanselleer julle opdragte teen my in Jesus Naam en ek verklaar dat julle bindinge oor my lewe gebreek is. Ek sal julle nie weer toelaat nie.

Ek sny nou met die swaard van die Heilige Gees die sielsbande af tussen my endie volgende mense................

Vader ek bid ook nou in Jesus naam dat U my siel al hierdie onwettige verbintenisse sal laat vergeet sodat ek vry sal wees om my siel totaal aan U en my maat te kan gee.

Vader, ek aanvaar U vergifnis vir al my vorige seksuele sondes, ek glo dat ek volkome vergewe is, en dat ek nou gereinig is van alle ongeregtigheid.

Ek wy myself aan U, hou my asseblief heilig in gees, siel en liggaam deur U genade. Aan U kom toe al die lof , heerskappy en glorie in Jesus se Naam.

Amen.

No comments:



Counter View


View My Stats