Saturday, September 18, 2010

Seksuele sondes en Ek

Wat is seksuele sonde nou eintlik ?

Ek dink dis die seer en die verkeerd van gister waar agter ons vandag probeer skuil. Die gemis van ‘n tekort in kleintyd. Die onsekerheid van menswees of sal ek se manwees.

Die soeke na vrae wat nooit gevind sal word nie omdat die antwoord nie daarin opgesluit le nie. Dalk ‘n tekort aan selfvertroue en dalk ook respek.

So kan ons aangaan en aangaan tot die dood intree, want hierdie soort sonde lui tot die dood soos enige ander sonde waarvan jy nie afstand doen nie.

Spreuke 7

Jakobus 1:15 - Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.

Menigte mense en veral mans soek liefde, vrede , geluk en ‘n identiteit in seksuele sondes en hoe minder hulle dit vind hoe meer soek hulle daarna in die tipe sondes. Die gevaar en erns is dat die persoon agter ‘n dekmantel skuil en versuim om na vore te kom.

WAAROM : Sonde is van die duiwel en nie van God nie. Die duiwel is die god van duister en God is die God van lig. Sonde vind dus plaas in die duister en geregtigheid is in die lig. Satan staan nie terug vir ons om sondes op te gee nie en daarom hou hy dit in die duisternis. Solank as wat dit in die duisternis is, het hy ‘n houvas op ons. Sodra ons dit in die lig bring het satan nie meer daardie houvas nie en kan God daarmee begin werk.

Jakobus 5:16 - Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.

Wil ons GOD die oorwinnaar van ons lewe maak of satan !

Ek het grootgeword in ‘n huis waar seksuele sondes deel was daarvan. Ek het vroeg my vriendekring dan ook so gekies om by my omstandighede in te pas. Dit is nogal snaaks dat die spreekwoord “ soort soek soort “ tog so waar is want jy kies vriende en verhoudings sonder die wete en wil wat by jou karakter pas. In my derde standard op skool lig ‘n vriend my dus meer as deeglik in oor die feite van die lewe en om alles te kroon verskaf sy ouers aan hom pornografiese materiaal op ‘n vrylike wyse.

Eksperimente met masturbasie en op stadiums, meisies, begin posvat en verskeie omstandighede speel homself af ten aanskoue van myself wat dan ‘n verwronge beeld van seksualiteit by my kweek. Later raak ek ook by eksplisiewe films betrokke en baie meisies en later prostitute.

Ek word lid van die Suid Afrikaanse Polisie waar hierdie dinge die orde van die dag is en byna almal deel van is. Dit raak so ‘n groot grap dat totale respek vir seksualiteit verloor word. Ek raak ook vasgevang in buite egtelike verhoudings in my huwelike asof dit die standard van die lewe is. Na ‘n mislukte huwelik verloor ek ook amper ‘n tweede huwelik waarop my Skepper, my Vader en my Heer my lewe ingryp en red.

Wel kort voor lank kom ek tot die besef dat ‘n mens nie net verlos is van seksuele sondes sonder dat jy nie self hard werk om dit teen te staan nie en volle vertroue in God die Vader te he nie. Sekere aspekte van jou swak wees buit die vyand ( satan ) totaal en al uit en voor jy jouself kan kry is jy weer vasgevang in hierdie bose kringloop. Nooit maar nooit moet jy dink “ I have arrived “ nie en nog minder dat jy sterk genoeg is om aanslae self te verdedig nie.  My vriend, vertrou maar altyd ten volle op Jesus die seun van God

Die Here was so goed om my, wat niks is, ‘n visie te gee om ‘n groepie te begin wat handel oor die ondersteunings aspek vir manne wat uitdagings ervaar rondom die seksuele sonde.
Christo Van Eck

Thursday, September 16, 2010

I trust You

Father, In Your Hands I commit my heart and my life. Take over my marriage, my household, my work, my dreams, my ambitions, my abilities and create in me a pure heart so that in all I do, I may honour You.



Counter View


View My Stats